‘Nuuskierige’ kind breek antieke pot in museum

Lees ook :

‘Nuuskierige’ kind breek antieke pot in museum
‘Nuuskierige’ kind breek antieke pot in museum fotokrediet: Canva

Lees ook: Bibberweer, selfs sneeu vir week voorspel

ISRAEL. – ’n Kind (4) het per ongeluk ’n 3 500 jaar oue pot by die Hecht-museum in Israel gebreek.

Die pot, wat van 2200 tot 1500 v.C. dateer, is ontwerp om goedere soos wyn en olyfolie te vervoer. Volgens die museum was die pot ouer as Konings Salomo en David.

Die seun se pa het gesê sy seun was “nuuskierig” oor wat in die pot was en het “liggies daaraan getrek” toe dit van die staanplek afgeval en gebreek het. Alex, die pa, het gesê hy was “in skok” en het eers nie gedink dit was sy seun wat die pot gebreek het nie.

Die museum het gesê die pot is per ongeluk gebreek en hulle het die seun en sy familie genooi om weer na die museum te gaan om die herstelde pot te sien.

Bronne: NBC News, CNN, UPI

Lees ook: Bibberweer, selfs sneeu vir week voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief