Hartenbos, trek jou partytjieskoene vir die GrootFees in Desember aan

Lees ook :

Foto: Coleske Group

WES-KAAP. – Hartenbos, in die Tuinroete, is nie net asembenewend mooi en ‘n gewilde vakansiebestemming nie, maar dit is ook waar GrootFees 2024 na die ATKV-amfiteater terugkeer.

Fanie Nel van die Coleske Group sê kaartjieverkope het pas oopgemaak en boonop sal kaartjiekopers 15% spaar wanneer hulle van Groot Chat, die nuwe interaktiewe kommunikasieplatform, gebruik maak.

Grootfees 2024 beloof om ‘n vakansiehoogtepunt vir inwoners en vakansiegangers in die Tuinroete te wees. Gedurende 2019 het dit as die Somerfees in Mosselbaai begin, wat 30 000 konsertgangers gelok het. Dit het gegroei en ‘n gesogte gebeurtenis op die kalender in Hartenbos geword. Dit is in 2022 na die GrootFees herdoop en word in die ATKV se amfiteater aangebied.

Die GrootFees 2024 sluit die volgende konserte in: Die AiG-Buitelug (Afrikaans is Groot-weergawe) op 21 Desember in die buitelug met kunstenaars soos Elvis Blue, Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Ricus Nel, Bobby van Jaarsveld, Robbie Wessels, Riana Nel en Monique Steyn. Alternatief is Groot op 28 Desember, gemik op die jonger generasie, met kunstenaars soos Spoegwolf, Francois van Coke, die Piesangskille, ONS, Lisie Basson en Early B. GrootJol op 31 Desember sluit die GrootFees 2024 af met kunstenaars soos Riaan Benadé, Juanita du Plessis, Chris Steyn, Jay, Samantha Leonard, Karlien van Jaarsveld, Appel, Eloff, Dodo Nyoka en Brendan Peyper.

Kaartjies kan by www.afrikaansisgroot.co.za bekom word, of stuur “Hi” na 066 515 611 en ontvang 15% afslag.

Wanneer jy ‘n tafel vir ses persone, wat as ‘n meer intieme en gemaklike konsertervaring beskryf word, koop, word ‘n aantal drinkgoed ingesluit. By die AiG-Buitelugkonsert is daar ‘n eksklusiewe goue sirkel teen R350 per persoon. Kosstalletjies en ‘n Buffelsfontein-ontspanningskroeg sal op die feesterrein beskikbaar wees.

“Voor elke konsert sal daar ook vermaak wees om die partytjie aan die gang te kry, net een van die vele verrassings wat die AiG-span vanjaar vir feesgangers inhou,” sê Nel.

Nel sê die GrootFees 2024 word deur Jackpot City in samewerking met ATKV Hartenbos, Belgravia Gin, Laeveld Agrochem, City Lodge Hotels, Toyota, Buffelsfontein Brandewyn en Virseker, vir die inwoners en besoekers aan die Tuinroete moontlik gemaak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App