“As ek reg onthou, het jy ’n fantasie,” praat hy baie sag terwyl sy oë hare deurboor. Sy trek haar asem rukkerig in. Met net een doelgerigte tree stap hy uit in die reën tot reg teen haar. Hy raak nie aan haar nie, maar kyk net stip af in haar oë. Asof hy wag dat sy die eerste stap moet neem terwyl die reën om hulle val.
Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer in haar lewe in… Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. In die begin stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom ter wille van Marina laat vaar?
Leer my ken deur Louise van der Merwe is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://bit.ly/49gnasA
#SitDieStoomTerugInJouLiefdeslewe #LeerMyKen #LouiseVanDerMerwe #RomanzaStoom
*ADVERTENSIE





