Nuwe generasie kontant-in-transito voertuig bekend om veiligheid te versterk

Lees ook :

Foto: Fidelity Services Group

Fidelity Services Group het ’n nuwe, kontant-in-transito (CIT) voertuig bekend gestel wat daarop gemik is om in ‘n toenemende komplekse misdaadomgewing, beskerming vir bemanning en operasionele veiligheid te verbeter. Die maatskappy sê dat geen aanvalle tot dusver op sy nuut ontplooide voertuie suksesvol was nie.

Fidelity Services Group sê die nuwe voertuig is gebou met ’n versterkte monocoque-struktuur, verbeterde pantserbeskerming en vloerontwerp om weerstand teen aanvalle te verhoog. Dit sluit ook paprybande (run-flat tyres), versterkte kluise met verskeie veiligheidslae, CCTV-stelsels en geïntegreerde opsporingstegnologie in. Die voertuie is ook deel van ’n breër veiligheidstelsel wat deur Fidelity se nasionale bevelsentrum ondersteun word, met KI-gedrewe roetebeplanning, taktiese reaksiespanne en lugsteun deur helikopters. Fidelity sê die doel is om nie net voertuie te beskerm nie, maar ook om die breër ekonomiese ketting wat op kontant staatmaak, veilig en betroubaar te hou.

Die bekendstelling val saam met ’n vennootskap met Springbok-rugbyspeler Ox Nché, wat volgens die maatskappy waardes soos dissipline en veerkragtigheid simboliseer. Maatskappyhoof Wahl Bartmann sê die belegging in nuwe tegnologie weerspieël Fidelity se verbintenis om voor te bly met veranderende bedreigings en om die veilige beweging van kontant in Suid-Afrika te ondersteun.

Volgens Fidelity bly kontant-in-transito misdaad een van die land se mees georganiseerde en hoë-risiko misdade, maar dat daar die afgelope jaar ’n afname in aanvalle gesien kan word. Volgens syfers wat aangehaal is uit die Cash-in-Transit Association of South Africa is 180 CIT-aanvalle in 2025 landwyd aangeteken. Dit is ’n daling van 13% teenoor die vorige jaar. By Fidelity self het suksesvolle aanvalle op voertuie met 23% afgeneem, terwyl sogenaamde “cross-pavement” rooftogte ook met 12.5% gedaal het. Met geen suksesvolle aanvalle op die nuwe voertuie nie.

Die groep hanteer jaarliks sowat R246 bijoen in kontant en hanteer daagliks ongeveer 29 000 afhaalpunte oor meer as 31 000 liggings in Suid-Afrika en Eswatini. Sy vloot van meer as 1 100 gepantserde voertuie ry jaarliks miljoene kilometers om kontantverskuiwings in die ekonomie te ondersteun.

Druk hier om meer oor die voertuig te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief