President Cyril Ramaphosa het adv. Jan Lekgoa Mothibi vanaf 1 Februarie 2026 as die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV) aangestel. Mothibi, wat tans die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) is, bring uitgebreide regs- en vervolgingservaring na die pos.
Luidens ‘n verklaring van die president is die aanstelling die gevolg van ’n deursigtige adviespaneelproses. Adv. Shamila Batohi tree aan die einde van die maand af ná sewe jaar in die pos. Leonard Lekgetho, tans die bedryfshoof van die SOE, sal van dieselfde datum as waarnemende hoof van die eenheid dien.
Druk hier om meer te lees.





