Brekende Nuus
Nuus

NVG kyk na bewerings oor teistering deur advokaat

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag gesê die Johannesburgse kantoor kyk na bewerings van teistering, intimidasie en dreigemente van seksuele geweld waarby Garth Hulley, ’n senior advokaat en lid van die Johannesburgse Vereniging van Advokate, betrek word. Die Randburgse landdroshof het ingevolge die Wet op Beskerming teen Teistering ’n tussentydse beskermingsbevel toegestaan.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die klaagster is bekommerd oor haar veiligheid en beweer dat sy herhaaldelik geteister en geïntimideer is en aan ongevraagde toenadering en dreigemente van seksuele geweld onderwerp is. Die polisie hanteer die verdere ondersoek.

Die NVG se eenheid vir seksuele misdrywe en gemeenskapsake bepaal watter ondersteuning die klaagster nodig het. People Opposing Women Abuse (POWA) sal met slagofferondersteuning help.