Brekende Nuus
Nuus

NVG trek aanklagte teen polisiekommissaris genl. Fannie Masemola terug

Foto: SAPD
Foto: SAPD

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het opdrag gegee dat die aanklagte teen die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, teruggetrek word.

Kaizer Kganyago, nasionale NVG-woordvoerder, sê adv. Andy Mothibi, die nasionale direkteur van openbare vervolgings, het die besluit geneem nadat die PFMA-aanklagte teen Masemola en die bewyse hersien is. Masemola is in hegtenis geneem in verband met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Mothibi het bevind dat daar nie redelike vooruitsigte op ’n suksesvolle vervolging is nie. Die NVG sal die saak aan die IDAC-regter rapporteer en die Case Assessment Panel se verslag beskikbaar stel vir verdere ondersoek na die vervolgingspan se beoordeling van die saak.

Die vervolgingspan sal reël dat Masemola in die hof verskyn sodat die aanklagte formeel teruggetrek kan word. Die NVG sê die hersiening van IDAC-sake sal as deel van die IDAC Reset-program voortgaan.