Onafhanklike regsfirma gaan leerling se dood ondersoek

Lees ook :

Foto: The Teddy Bear Foundation South Africa

GAUTENG. – ’n Onafhanklike regsfirma gaan die dood van Manqoba Mnisi (5), ’n gr. R-leerling by Laerskool Bernard Isaacs in Coronationville, Johannesburg, ondersoek. Mnisi het Maandag op die skoolterrein seergekry en is dieselfde dag oorlede. Volgens die Teddy Bear Foundation South Africa was hy glo alleen in ‘n klaskamer, het probeer uitkom, was vasgekeer en het gesterf.

Steve Mabona, woordvoerder vir die GDE, sê die ondersoek sal daarop fokus om die feite van die voorval vas te stel en te verseker dat dit deeglik ondersoek word. Die regspan sal Dinsdag deur die LUR, Matome Chiloane, aan die leerling se familie en skool voorgestel word.

LUR Chiloane het sy meegevoel aan die familie, die skool en die gemeenskap uitgespreek en sal vandag (Vrydag), Manqoba Mnisi se familie in Soweto besoek om ondersteuning te bied tydens hierdie moeilike tyd.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief