Ondersoek geloods na man wat glo deur skare gedood is ná aanval op vrou

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie ondersoek ’n gewelddadige voorval wat vroeg Saterdagoggend in Botshabelo afgespeel het, waarin ’n vrou ernstig beseer is en ’n verdagte op die toneel dood is.

Volgens voorlopige inligting het ’n onbekende man glo ’n 43-jarige vrou genader, haar twee keer in die onderlyf geskiet en daarna na ’n oop veld naby ’n rioolgebied gesleep, waar hy na bewering probeer het om haar te verkrag.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê beamptes is omstreeks 06:30 na die toneel ontbied nadat daar berigte van skote ontvang is. Inwoners het glo die rumoer gehoor en ingegryp, wat tot ’n agtervolging gelei het.

Die situasie het egter handuit geruk en in sogenaamde boendoe-geregtigheid ontaard, met gemeenskapslede wat die reg in eie hande geneem het. Met die polisie se aankoms is die verdagte ernstig beseer aangetref, met ’n steekwond aan die skouer en ’n oop kopwond. Hy is kort daarna op die toneel dood verklaar.

Tydens ’n deursoeking is ’n vuurwapen met ammunisie, asook ’n skoen wat vermoedelik aan die oorledene behoort, op die toneel gevind. Die man se identiteit is nog nie bevestig nie.

Die vrou is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Benewens die ondersoek na die aanval op die vrou, het die polisie ook ’n moordsaak geopen om vas te stel wie vir die verdagte se dood verantwoordelik is. Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief