Ondersoek na Steve Biko se dood heropen

Lees ook :

Foto: Wikipedia

OOS-KAAP. – Die doodsondersoek van Steve Biko (30), die anti-apartheidsaktivis, word Vrydag, presies 48 jaar ná sy dood, deur die NVG heropen. Daar word beoog om nuwe getuienis te bied sodat die hof kan bepaal of sy dood aan ‘n misdryf toegeskryf kan word.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Biko is op 18 Augustus 1977 by ’n padblokkade naby Grahamstad (Makhanda) in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n bevel wat sy beweging tot King Williamstown (Qonce) beperk, oortree het. Hy is by die Walmer-polisiekantoor in Port Elizabeth (Gqeberha) aangehou, waar hy glo gemartel is. Hy is na bewering nakend met voetboeie in ‘n sel aangehou waarna hy ná 24 dae mediese hulp ontvang het.

Op 11 September 1977, steeds nakend en bewusteloos, geboei, is hy 1 200 km ver in die agterkant van ‘n polisie-Land Rover na ‘n tronkhospitaal in Pretoria vervoer. Hy het die volgende dag buite die hospitaal gesterf.

Tyali sê:”Die oorsaak van Biko se dood is destyds as uitgebreide breinbesering, veroorsaak deur sentralisering van bloedsirkulasie en intravaskulêre bloedstolling, akute nierversaking en uremie, aangeteken.”

’n Amptelike doodsondersoek is in November 1977 gehou. Tydens dié ondersoek het lede van die apartheidsveiligheidspolisie se berugte veiligheidstak beweer dat Biko sy beserings opgedoen het toe hy sy kop teen ’n muur gestamp het. MJ Prins, die hooflanddros, het die veiligheidstak se weergawe aanvaar. Die mediese praktisyns wat hom in die tronk behandel het, is ook vrygespreek.

Op 2 Febuarie 1978 het die destydse prokureur-generaal van die Oos-Kaap geweier om vervolging in te stel. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie het in 1997 amnestie-aansoeke deur vyf betrokke beamptes weens teenstrydige en vals getuienis geweier. Die betrokke voormalige polisiebeamptes is maj. Harold Snyman, kapt. Daniel Petrus Siebert, kapt. Jacobus Johannnes Oosthuysen Benecke, AO Rubin Marx en sers. Gideon Johannes Nieuwoudt

Die NPA sê die heropening beoog om nuwe getuienis aan te bied sodat die hof kan bepaal of Biko se dood aan ’n misdryf toegeskryf moet word. Dit is ook ‘n poging om die gruweldade van die verlede aan te spreek en reg en afsluiting vir die Biko-familie en die samelewing te bied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief