Ongeluk reg van voor eis 6 lewens

Lees ook :

Foto's: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling Mpumalanga

MPUMALANGA. – Ses mense het Vrydagoggend op slag gesterf toe twee bakkies mekaar reg van voor op die R542 tussen Van Dyk’s Drift en Blinkpan naby Middelburg getref het. Beide bestuurders en vier passasiers het in die ongeluk omgekom.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in die provinsie, sê vier ander persone wat ernstig in die ongeluk beseer is, is vir mediese behandeling na hospitale in Middelburg en Emalahleni (Witbank) vervoer. Jackie Masie, die LUR van die departement, het sy innige meegevoel aan die gesinne van die slagoffers van die ongeluk betuig en die beseerdes ‘n spoedige herstel toegewens. Die LUR het terselfdertyd ‘n ernstige beroep op alle padgebruikers gedoen om die reëls van die pad te gehoorsaam en te alle tye waaksaam te bly sodat sulke tragedies in die toekoms vermy kan word.

Alhoewel ‘n ondersoek reeds begin is, is die presiese oorsaak van die ongeluk nog onbekend. gestuur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief