Onnie spring in ry uit ‘onveilige’ Uber

Lees ook :

Foto: Lee-roy Arendorff

WES-KAAP. – Denusha Nicholas (26), ‘n onderwyseres van Laerskool Vlottenburg in Stellenbosch, op 28 Augustus met ‘n Uber na Kuilsrivier gery. Met die roete wat glo deur die bestuurder verander is en ander rooi ligte wat vir haar geflikker het, het sy omstreeks 15:30 op die Polkadraaipad uit die bewegende voertuig gespring.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het aan Nuusflits bevestig ‘n dossier word deur die Stellenbosch-polisiekantoor ondersoek. Die ondersoekbeampte in die saak werk om die verdagte op te spoor. Alle leidrade word opgevolg en enigiemand met inligting word gevra om AO Dean Fibiger by 083 293 1913 te bel. Pojie sê voorts Fibiger het Dinsdag met Nicholas geskakel.

Met die verandering in die roete het Nicholas dit duidelik gemaak aan die bestuurder en haar ma ingelig dat sy die eindbestemming verander. Met die verandering het die bestuurder gesê hy verstaan nie Engels nie. ‘n Argument het ontstaan en hy het die deure gesluit. Op die Polkadraaipad het Nicholas uit die voertuig gespring. Sy is deur twee mans wat die voorval gesien gebeur het gehelp totdat haar broer haar na ‘n hospitaal kon neem.

Nicholas het beserings opgedoen maar is uit die hospitaal ontslaan. Sy het ‘n saak by Kuilsrivier-polisiekantoor aanhangig gemaak en is deur Uber ingelig dat hulle wetstoepassingseenheid die voorval ondersoek.

Lee-roy Aredorff het op sosiale media geskryf: “Kom ek vertel julle iets!! Ontmoet vir Denusha Nicholas, Sy was amper gekidnap deur n uber driver maar sy het uit die BEWEGENDE VOERTUIG GESPRING. Sy het oorleef , Maar is tans in erge PYN!! Ek vra nie baie nie, Net dat julle moet biddend bly!! Kom ons wys Denusha Nicholas liefde!!”

Bronne: SAPD, WAAR Brandit INNI KAAP- Facebookblad, Lee-roy Arendorff- Facebookblad, Hermanus Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief