‘Khaki Fever’ – Vrydag op Showmax, past. Rooies Strauss wil ‘seksfliek’ in sy spore stuit

Lees ook :

Foto's: Showmax

Nuusflits kan nie die lokprent vir Khaki Fever met lesers deel nie, aangesien dit ‘n ouderdomsbeperking het. Die première van die oorspronklike Showmax-komedie vind Vrydag 5 September plaas. Die fliek het reeds by die Silwerskermfees uitverkoop en agt benoemings ingepalm. Francois Jacobs het die toekenning vir beste byspeler gewen. Pastoor Rooies Strauss het intussen in ‘n sosialemediaplasing gesê daar moet vir bekering gebid word en het selfs ‘n boikot-aksie teen Showmax voorgestel.

Kevin Friedemann, Showmax-publisiteitsbeampte, sê in ‘n verklaring die 18SNL-film vertel die storie van ’n groep wildbewaarders wat mekaar uitdaag om te sien wie die meeste toeriste in een seisoen kan “verower”, met die wenner wat al die fooitjies kry – dit is nou as hulle nie uitgevang en afgedank word nie.

Christopher Jaftha vertolk die hoofrol as Daniel. Hy beskryf die karakter as “sjarmant, astrant, maar ook kwesbaar” en sê die stel het ruimte gebied vir improvisasie en spel met stereotipes.

Regisseur Brett Michael Innes, wat al twee Safta-toekennings vir beste film gewen het, het die rolverdeling vryheid gegee om te eksperimenteer. Jaftha sê die ervaring was “wild, snaaks, stout en vol hart” en voorspel dat kykers ná die tyd selfs mag oorweeg om “wildbewaarder-werksgeleenthede in Suid-Afrika” te google.

Pastoor Strauss moedig openbare kommunikasie met Showmax aan om die fliek van die stromingsdiens te verwyder en wil selfs klagtes aan die SA-klagtekommissie laat rig. Strauss sê voorts indien daar nie gehoor gegee word aan die versoek nie, moet Showmax vir September of selfs langer gekanselleer of selfs geboikot word.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief