Ontploffing in gewilde sentrum se Woolworths ondersoek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die polisie in Tshwane het ‘n formele ondersoek geloods nadat ‘n ontploffing vanoggend vroeg (Donderdag) in ‘n tak van Woolworths in Menlyn Mall, Atterburyweg, plaasgevind het.

Volgens kapt. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder van die Tshwane-distrik, het die winkelbestuurder omstreeks 01:00 ‘n telefoonoproep van personeel ontvang wat hom in kennis gestel het van ‘n ontploffing binne die perseel. Nooddienste is onmiddellik geaktiveer en die toneel is afgekamp. Dit word beweer dat ‘n onbekende toestel op een van die rakke in die winkel ontplof het. Ten tye van die voorval was vyf werkers aan diens in die winkel. Niemand is beseer nie.

Skade was beperk tot voedselprodukte en rakke binne die winkel. Lede van die polisie se bomopruimingseenheid, K9-eenheid, misdaadtoneelbestuur en speurders is tans op die toneel om deur bewyse te kam en alle moontlike leidrade op te volg. ‘n Saak van oortreding van die wet op plofstowwe, Wet 26 van 1956, Artikel 27(1)(c), is vir ondersoek geregistreer.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief