As ’n nuwe jaar aanbreek, stel ons gewoonlik vir onsself doelwitte en nuwejaarsvoornemens van wat ons regdeur die jaar wil bereik.
’n Visiebord is ’n maklike, praktiese manier om jou doelwitte en nuwejaarsvoorneme op aan te bring, omdat dit ’n veilige ruimte skep wat alles vertoon wat jy wil bereik asook hoe om dit ten uitvoer te bring.
Daar is verskillende areas waarop ’n mens kan fokus, afhangende wat jou belangstellings is.
Hier is ’n paar wenke oor hoe om jou eie visiebord op te stel:
- Kry vir jou ’n aansteekbord wat groot genoeg is of selfs ’n A3-plakkaat.
- Gaan dink na oor jou doelwitte in elk van die volgende areas: verhouding, loopbaan, finansies en persoonlike groei.
- Soek inspirerende aanhalings, prentjies of selfs Bybelversies wat jou aan elkeen van jou doelwitte laat dink.
- Skryf jou doelwitte neer en heg elke prentjie, Bybelversie of inspirerende aanhaling by sy bypassende doelwit.
- Laat ruimte vir kreatiwiteit op jou visiebord vir ingeval jy deur die jaar aan nuwe doelwitte of idees dink wat jy wil byvoeg.
Plaas jou visiebord in ’n sigbare area sodat jy jouself daagliks aan jou doelwitte kan herinner en daag jouself uit om elke dag jou doelwitte na te streef.