Oorskot in veld in Pretoria-Oos gevind

Lees ook :

Foto: VEMRU

GAUTENG. – Menslike oorskot is Dinsdag in die Rietvallei-omgewing in Pretoria-Oos ontdek, ná ’n soektog na ’n moontlike liggaam wat in die veld opgemerk is.

Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU) is kort voor 17:00 na die toneel ontbied om met die soektog te help. Met aankoms is die liggaam reeds deur lede van Lakes Security Forum NPC sowat 25 meter in ’n bosagtige gebied gevind.

VEMRU het die polisie met die nodige prosedures op die toneel bygestaan. Volgens VEMRU ondersoek die polisie die saak verder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief