Opgeskorte tronkstraf vir ‘onderwyseres’ met vals matrieksertifikaat

Lees ook :

Foto: Umalusi RSA - Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Nomalanga Labane (43), ‘n voormalige onderwyseres op Amersfoort, het ‘n opgeskorte vonnis gekry nadat sy vir meer as twee dekades met ‘n vervalste matrieksertifikaat onderwys gegee het.

Volgens lt.kol. Magonseni Nkosi het Labane herhaaldelik matriek gedruip, waarna sy gedurende 2003 ‘n vals matrieksertifikaat bekom het. Dit het vir haar die deur na Walter Sisulu Universiteit oopgemaak, waar sy in 2014 ‘n BA in Onderwys verwerf het. Sy is daarna by twee skole op Amersfoort aangestel, eers tydelik en later vas. ‘n Fluitjieblaser het die bedrog in 2022 aan die lig gebring. Die Departement van Onderwys het ‘n interne ondersoek gedoen en het die saak by die Valke aangemeld. Labane het op 26 Maart op alle aanklagte skuldig gepleit en is op 7 Mei tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, ten volle opgeskort vir vyf jaar.

Die onderwysdepartement het weens haar optrede skade van R1 123 811.42 gely.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief