Opgraderings aan R319 in Bredasdorp-omgewing op pad

Lees ook :

Met opgraderings- en infrastruktuurprojekte in die Bredasdorp-omgewing aan die R319 onderweg, berei plaaslike inwoners hulle voor vir hierdie maandelange proses.

Dié pad het in Junie 2024 strukturele skade gely as gevolg van oorstromings wat herstelwerk en voorkoming van skade genoodsaak het.

Tans is die projek in die finale fases van ontwerp. “Onderhewig aan die nodige vereistes word omgewingsmagtiging in Julie 2026 verwag,” sê Jandre Bakker, Hoofdirektoraat, Strategiese Bestuur en Operasionele Ondersteuning Wes-Kaapse regering.

Die Wes-Kaapse regering het onderneem om die pad op te gradeer en gedeeltes van die roetelyn te verhoog. “Dit sal verder meer betroubare toegang vir inwoners en besoekers gedurende die reënseisoen verseker en die risiko verminder dat die pad tydens oorstromings oorspoel,” verduidelik Bakker.

Na verwagting sal die projek ongeveer 40 maande duur.

Die projek begin by die kruising van Langstraat en die R319 (MR261) in Bredasdorp, by die vierrigtingstop naby die BP-vulstasie. Dit sal eindig in L’Agulhas by die kruising van Lighuisstraat en die R319, waar die geteerde pad na ’n grondpad oorgaan.

Geen alternatiewe roetes is beskikbaar is nie. Meeste van die werk aan die pad sal in halfwydtes plaasvind. Stop-en-ry prosedures sal in plek wees. Motoriste mag kies om the Brandfontein-grondpad te gebruik wanneer dit oop en veilig vir gebruik is. Bakker verseker besoekers en inwoners dat twee bane wel oop sal wees vir verkeer gedurende hoëseisoen-vakansietye.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief