Opod neem 9 polisiebeamptes in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Nege polisiebeamptes verbonde aan Bultfontein se openbare-orde-polisiëring is vandag (Saterdag) in hegtenis geneem vir die beweerde moord op drie burgerlikes en konst. Mojalefa Borole tydens ’n voorval in 2024. Die nege beamptes, wat die range van konstabel tot sersant beklee, staan tereg op vier aanklagte van moord.

Lizzy Suping, Opod-woordvoeder, sê die inhegtenisnemings spruit uit ’n insident op 22 September 2024 in Phahameng, toe die polisie na ’n huishoudelike rusie ontbied is. Familielede het glo baklei en hulself binne ’n huis verskans toe beamptes probeer ingryp. Daar word beweer dat die polisie die huis met geweld binnegegaan en geskiet het. Drie burgerlikes, almal uit dieselfde familie, sowel as die konstabel wat aan diens was, is op die toneel dood. In totaal is 43 doppies op die toneel opgetel. Die ondersoek het bevind dat al vier oorledenes aan skietwonde gesterf het.

Die polisiebeamptes word in Welkom aangehou en sal Maandag op aanklagte in die Bultfontein-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief