Optrede teen straatrenne lei tot 54 boetes en 33 inhegtenisnemings

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die DA sê hy verwelkom die Stad Kaapstad se optrede teen onwettige straatrenne, wat gelei het tot 54 boetes, 33 inhegtenisnemings en die beslaglegging van vier voertuie tydens ses geteikende operasies in die 2025/26-boekjaar.

Prof. Nomafrench Mbombo, DA-woordvoerder vir die Wes-Kaap oor mobiliteit, sê die syfers toon dat die Stad Kaapstad se wetstoepassingspanne ernstig optree om gevaarlike en roekelose bestuur op openbare paaie hok te slaan en padgebruikers te beskerm. Volgens die inligting was nege van die inhegtenisnemings vir roekelose bestuur, terwyl 24 bestuurders in hegtenis geneem is vir die bestuur onder die invloed van alkohol. In totaal is 13 voertuie ook as onpadwaardig verklaar. Die DA sê onwettige straatrenne hou ernstige risiko’s in vir motoriste, voetgangers en omstanders, en dat openbare paaie nie as resiesbane gebruik kan word nie.

Die party doen ’n beroep op padgebruikers om verantwoordelik op te tree en gevaarlike bestuur aan te meld. Mbombo het ook die Stad Kaapstad se wetstoepassingspanne vir hul optrede bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief