Opvolg: Konstabel in hof na hy ‘vrou en skoonma doodskiet, stiefskoonpa wond’

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Sibusiso Mxolisi Hlophe (32) het vir dubbelmoord en poging tot moord in die Carolina-landdroshof verskyn. Kol. Donald Mdhluli sê die saak is tot 17 Januarie uitgestel waartydens ‘n formele borgaansoek aangehoor sal word en ook vir regsverteenwoordiging aansoek gedoen sal word. Die verdagte bly intussen in aanhouding.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

‘n Speurkonstabel (32) sal vandag vir klagtes van dubbelmoord en poging tot moord in die Carolina-landdroshof verskyn. Hy het na bewering Sondagoggend omstreeks 03:15 sy vrou en haar ma doodgeskiet en haar stiefpa gewond. Die misdade het op Carolina plaasgevind.

Kol. Donald Mdhluli sê volgens rapportering het die verdagte glo sy vrou laat weet sy voertuig het langs die pad gebreek en haar gevra om hom in te sleep. Sy, haar ma, stiefpa en drie kinders is met ‘n VW Polo na waar die konstabel hom glo bevind het. Met aankoms het hy glo lukraak op hulle begin skiet. Sy vrou en haar ma het gesterf; die stiefskoonpa is gewond.

Die konstabel het na bewering toe met sy drie kinders in sy voertuig geklim en van die toneel gevlug. Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en dit gerol, waarna hy vasgekeer was.

Die polisie is van die gebeure ingelig.

Die verdagte is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem terwyl paramedici na die kinders omgesien het. Een van die kinders, sowel as die oorlede vrou se stiefpa, is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Mdhluli sê op die toneel is daar op ‘n vuurwapen beslag gelê. Daar is egter nie sekerheid of die misdade met ‘n amptelike polisiewapen of ‘n privaat wapen gepleeg is nie.

Volgens Mdhluli ondersoek Opod die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief