Oupa en kleindogter beseer toe voertuig met rondloperbees bots

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Services

KWAZULU-NATAL. -‘n Oupa en sy hoërskool-kleindogter is vanoggend ernstig beseer in ‘n botsing met ‘n rondloperbees op die R56 in die rigting van Pietermaritzburg.

Volgens Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Services het nooddienste teen ongeveer 07:00 ‘n oproep ontvang vir hulp, waarna dié diens saam met plaaslike owerhede na die toneel gestuur is. Paramedici het met aankoms ‘n voertuig met groot skade aan die voorkant en die kajuit aangetref.

Die insittendes was van die huis af op pad dorp toe, die kleindogter vir skool en die oupa vir dialisebehandeling by ‘n hospitaal. Hulle rit is deur die rondloperbees onderbreek waarvoor nie uitgeswenk kon word nie. Die oupa het verskeie ernstige beserings opgedoen. Paramedici in gevorderde lewensondersteuning het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy vir spesialisbehandeling na ‘n naburige hospitaal vervoer is. Die kleindogter het ligte beserings opgedoen, Glasskerwe van die motor se voorruit het haar getref en sy was erg geskok. Sy is op die toneel behandel en vir verdere mediese evaluasie en emosionele ondersteuning na ‘n hospitaal vervoer.

KwaZulu Private Ambulance Service doen ‘n dringende beroep op veeboere om hul omheinings na te gaan en heel te hou, aangesien rondloperdiere ‘n ernstige gevaar vir padveiligheid in die provinsie bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief