Pa in hegtenis ná 14-jarige glo vir gebruik van bankkaart wreed sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ’n Man (62) van Ngojini in Ngqeleni is op aanklag van moord op sy tienerseun (14) in hegtenis geneem. Dit volg op beweerde aanranding wat verband hou met die gebruik van die man se bankkaart.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, brig. Nobuntu Gantana, is polisiebeamptes Dinsdagoggend na ‘n woning ontbied. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die voorval Maandagaand omstreeks 22:00 plaasgevind het toe die pa die tiener glo met ’n sambok en ’n stok aangerand het. Die seun is daarna glo met ’n tou vasgebind en oornag in die huis gehou. Die minderjarige is omstreeks 04:00 die oggend dood aangetref. Daar word beweer dat die voorval ontstaan het nadat die seun sy pa se bankkaart gesteel en dit by ’n plaaslike spazawinkel gebruik het.

Die verdagte sal vandag (Woensdag) op ‘n aanklag van moord in die Ngqeleni-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief