VRYSTAAT. – ‘n Pa van Lesotho is Woensdag vir die verkragting van sy seun (9) in 2021 deur die Ladybrand-landdroshof skuldig bevind en lewenslank gevonnis.
AO Mmako Mophiring sê die pa, ‘n onwettige immigrant, het die seun in November 2021 saam met hom na ‘n berg geneem om vir “moetie” te soek, waar hy hom verkrag het. Die seun het sy stiefma van die voorval vertel. Sy wou egter nie in die hof getuig nie.
Die beskuldigde is buiten die lewensvonnis ‘n verdere boete van R3 500 opgelê of alternatiewelik ses maande gevangenisstraf omdat hy onwettig in die land is.





