Man gevonnis wat stiefouma (93) doodmaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Keagen Samuels (27) van Bellville-Suid is deur die hooggeregshof tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy stiefouma (93) op 1 Augustus 2021 in Dammertstraat.

AO Joseph Swartbooi sê Samuels het op die betrokke dag na sy familiehuis, ook die misdaadtoneel, gegaan. Sy bejaarde stiefouma en sy broer (10) was by die huis. Die oorledene het hulp gevra en Samuels het gefrustreerd geraak, die oorledene aangerand, verwurg en van die toneel gevlug.

Samuels is op 3 Augustus in hegtenis geneem. Lt.genl. Thembisile Patekile het speur.sers. Faizel Hercules en sy span vir die suskesvolle afhandeling van die saak en vonnisoplegging geprys.

Samuels is Woensdag deur regter Michelle Adams gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief