‘n Brasiliaanse paartjie is in die moeilikheid na hulle ‘n waterval gekleur het vir hulle “gender reveal”-partytjie. Aangesien die water blou gekleur was, kan mens aanneem hulle gaan ‘n seuntjie hê.
Die ouers en hulle 50 gaste was op 25 September besig om die nuwe baba in ‘n video op sosiale media te vier, maar daardie video is baie vinnig verwyder toe die gemeenskap uitvind wat hulle gedoen het.
Woedende gemeenskapslede het die familie beskuldig daarvan dat hulle ‘n omgewingsramp in die rivier veroorsaak het en het ‘n beroep op owerhede gedoen om hulle in hegtenis te neem vir ‘n misdaad teen die natuur.
Ander het gewaarsku dat die water nou moontlik besmet is vir mense wat dit verder stroom-af drink.
Die waterval voer in die Queima-Pe-rivier in en is die hoofwaterbron vir die nabygeleë stad Tangara da Serra.
Onlangse droogtetydperke het daartoe gelei dat inwoners al hoe meer op die rivier staatmaak, en dit is waarskynlik hoekom die video so ‘n intense reaksie ontlok het.
Nadat die video op sosiale media versprei is, het die minister van buitelandse sake van Mato Grosso (SEMA) ‘n verklaring uitgereik om te bevestig dat ‘n ondersoek na die voorval nou aan die gang is.
SEMA sal nou die water toets en vasstel watter produkte gebruik is om die waterval te kleur en of daar enige omgewingskade is.
SEMA se verklaring, gepubliseer deur die Brasiliaanse nuuswebwerf G1, het opgemerk dat ses amptenare – twee van SEMA en vier van die munisipaliteit Tangará da Serra – uitgestuur is om die saak te ondersoek.
Bronne: ECR, Lad Bible
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





