MUSINA. – 16 ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers is in ‘n padblokkade op die N1 naby Bloemfontein vasgetrek.
Dit volg nadat ’n bus vanaf Zimbabwe na Kaapstad by ’n padblokkade op die N1 naby Bloemfontein voorgekeer is.
https://youtu.be/0Z9lD3qkJx8?si=BtgbyjJT72UQ9kFH
Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Thabo Covane, het bevestig die ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers sal Dinsdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Covane sê voorts dat ’n saak van oortreding van die Immigrasiewet geopen is. Luidens verslae sal die hof bepaal watter boete betaal moet word, of watter vonnistydperk opgelê sal word.
Die Grensbestuursowerheid het bevestig dat die saak aangaande die ongedokumenteerde buitelandse burgers en kinders by die Beitbrug-grenspos in Musina hanteer word.
Bron: SABC Nuus





