Peuter (2) verdrink in swembad

Lees ook :

Foto's: Proudly Heidelberg en Heidelberg Volunteer Medics and First Responders

GAUTENG. – Aurora Okuhle Hlatshwayo (2) het Woensdagmiddag verdrink. Ondanks volgehoue pogings deur verskeie nooddienste om haar lewe te red is sy op die toneel dood verklaar.

Rensburg Forum sê hulle is deur ’n gemeenskapsgroep oor die voorval ingelig. Volgens hulle het een van hul lede, wat naby was, die kind in ’n kritieke toestand aangetref nadat sy glo in die swembad geval het. ’n Grootskaalse reaksie deur verskeie mediese spanne, insluitend Gauteng EMS en Netcare 911, het gevolg, met reddingspogings wat langer as ’n uur voortgeduur het.

Heidelberg Volunteer Medics & First Responders sê die voorval het aanvanklik soos ’n roetine-noodgeval gelyk, maar het vinnig in ’n desperate reddingspoging ontaard. Volgens die organisasie het ’n gewone inwoner eerste op die toneel opgedaag en begin help voordat opgeleide reddingspersoneel opgedaag het. Verskeie nooddiensspanne het daarna saamgewerk en gevorderde lewensondersteuning toegepas, maar die kind is ná meer as ’n uur se pogings op die toneel dood verklaar. Die organisasie het ook hul meegevoel met die familie uitgespreek en spesifiek vir Jonathan Neto geprys wat eerste gehelp het.

Proudly Heidelberg het die kleinding geïdentifiseer en gesê indien enigiemand die familie wil bystaan, kan hulle NV Masilela by 079 770 6913 bel.

Aurora lyk presies soos die animasie-dogtertjie op haar begrafnisaankondiging.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief