PHOENIX, KZN. – ’n Vrou is Vrydagmiddag deur ’n pitbull aangeval toe ’n huiseienaar sy hek oopgemaak en die hond uitgekom het.
Volgens KZN VIP Protection Services is die vrou bekend aan die huiseienaar. Sy het verskeie bytwonde oor haar lyf opgedoen en het onmiddellike mediese bystand benodig.
Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na ’n hospitaal vervoer.
Gemeenskapslede het probeer om die hond te vang. Dit is nie duidelik wat met die hond gebeur het nie.
Bronne: KZN VIP Protection Services





