Plaaswerkers en gesinne ontruim, liggame gevind

Lees ook :

Foto's: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Massa-reddingsoperasie tussen Worcester en Rawsonville het Dinsdag gelei tot die ontruiming van 23 plaaswerkers en hul gesinne. Tydens dieselfde operasie is die liggame van twee mans en ‘n vrou binne ‘n oorstroomde gebou aangetref.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Schalk Boonzaaier, die stasiebevelvoerder van die NSRI op Kleinmond, was die ontruimdes sedert Maandag op die dakke van plaageboue langs die ou N1 deur vloedwaters vasgevang. Die operasie is Dinsdag kort voor 11:00 aangepak en alle rolspelers is geaktiveer. Gepantser in duikpakke en reënklere het die reddingspan die plaas per boot bereik. Met behulp van lere is al 23 persone, insluitend babas, kleuters, kinders, volwassenes, bejaardes, ‘n blinde man en ‘n verlamde man veilig ontruim. Selfs diere is na veiligheid geneem. Ná die ontruiming is die werkers en hul gesinne in die sorg van die boer geplaas.

Die oorledenes is aan die polisie en die staat se forensiese patoloë oorhandig. Die NSRI betuig hul innige meegevoel aan die families van die oorledenes, asook aan almal wat deur die verwoestende oorstromings geraak is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief