WES-KAAP. – ’n Poging om die vrag wat Vrydagmiddag in Sonstraalweg in Paarl van ‘n vragmotor geval het te plunder, is deur vinnige optrede van eerste reageerders en plaaslike owerhede gestuit.
Volgens DFW Fire & Rescue NPC het die vragmotorbestuurder verkeerd gery en wou dit regstel toe van die vrag op die pad val. Die kratte met bier was is ‘n onmiddellike aantrekkingskrag beskryf.
’n Fidelity ADT-beampte het die bestuurder aanvanklik bygestaan, maar mense het kort daarna glo van die bier begin buit. Die situasie het glo so versleg dat die bestuurder nie meer die vragmotor kon verskuif nie en vir sy veiligheid gevrees het.
Die Fidelity ADT-beampte het die polisie om hulp gevra en daarna ook DFW Fire & Rescue se bystand per radio gevra. Verskeie DFW-reaksiebeamptes was binne minute op die toneel en het die bestuurder en vrag beskerm. Volgens DFW was die seil van die vragmotor reeds oopgesny om toegang tot die vrag te verkry.
Drakenstein-verkeersbeamptes en nog Fidelity ADT-beamptes het kort daarna opgedaag, gevolg deur polisiebeamptes. DFW-brandweerpersoneel en het gehelp om die pad skoon te maak. Die vrag is daarna, met van die kratte wat reeds leeg was, weer op die vragmotor gelaai en die voertuig kon na sy basis terugkeer. Niemand het beserings opgedoen nie en die eerste reageerders en ander rolspelers is bedank vir hul vinnige optrede.