Polisie ondersoek dood van drie kinders in brand

Lees ook :

Polisie ondersoek dood van drie kinders in brand fotokrediet: Canva

ITSANI VILLAGE, LIMPOPO. – Die polisie in Limpopo ondersoek die dood van drie kinders, tussen 2 en 4 jaar oud, in ’n brand in Itsani Village.

Lees ook: Vuurwapen van oorlede polisiebeampte gesteel

Die polisie het Vrydag ’n oproep ontvang oor ’n brand by ’n huis waarin kinders vasgekeer is. Hulle het hulle na die toneel gehaas waar brandbestryders reeds besig was om die brand te blus. Die kinders se liggame is in die huis gevind.

Die voorlopige ondersoek het bevind die kinders het naby ’n eenslaapkamerhuis gespeel, maar dit is onbekend wanneer hulle by die huis ingegaan het. Dit is nie bekend hoe die brand onstaan het nie.

Bron: SAPD

Lees ook: Vuurwapen van oorlede polisiebeampte gesteel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief