TUNISIË. – Greta Thunberg se flottielje met aktiviste wat Israel se see-blokkade op Gasa wil breek, het weer beweer dit is deur ’n hommeltuig in Tunisië aangeval.
Lees ook: Tunisië ontken bewerings dat ‘n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is
Dit volg nadat die organiseerders, Global Sumud Flotilla, gister beweer het dat die hulpboot genaamd Family, wat onder die Britse vlag vaar, deur ’n hommeltuig aangeval is. Tunisië het gister se bewerings ontken en het gesê die brand op die boot is waarskynlik deur ’n sigaret veroorsaak. Die land het nog geen kommentaar gelewer oor vandag se beweerde aanval op die Alma nie.
Die flottielje van sowat 20 hulpbote met aktiviste van 44 lande is op pad na Gasa om Israel se blokkade te probeer breek.
Bronne: The Independent, US News, NBC News
Lees ook: Tunisië ontken bewerings dat ‘n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is

