Polisie ontdek daggaveld ter waarde van R2,9 m. naby Schoemansdal

Lees ook :

MPUMALANGA. – Die polisie, saam met ander wetstoepassingsowerhede en plaaslike boere, het Vrydag ’n groot daggaveld naby die Buffelspruit-plase buite Malelane in Nkomazi ontdek. Die veld met volwasse daggaplante se straatwaarde is na raming R2.9 miljoen.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, is die ontdekking ’n belangrike sukses in die stryd teen dwelmhandel.

Diegene agter die grootskaalse verbouing is tans nog onbekend. ’n Ondersoek is onmiddellik ingestel om die verantwoordelikes op te spoor en die polisie versoek die publiek om met enige relevante inligting vorendag te kom.

Die daggaplante is tydens die operasie uitgeroei en vernietig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief