Premier steun Mkhwanazi se tweede termyn as KZN-polisiekommissaris

Lees ook :

Foto: KZN Provinsiale Regering

KWAZULU-NATAL. – Thamsanqa Ntuli, die premier van KZN, het amptelik sy steun uitgespreek vir die heraanstelling van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, vir ‘n tweede termyn as die provinsiale polisiekommissaris. Sy huidige termyn loop op 30 Maart 2026 ten einde.

Luidens ‘n verklaring van die KZN- provinsiale regering is die steun uitgespreek ná ’n vergadering met Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris. genl. Fannie Masemola. Ntuli het sy vertroue in Mkhwanazi se leierskap, professionaliteit en etiese standaarde beklemtoon. “Ek het konsekwent gehandhaaf dat daar geen basis is om nie ’n polisiebeampte van die kaliber van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi te steun nie,” het hy gesê.

Die premier het gesê stabiele leierskap binne die SAPD is krities vir die veiligheid en stabiliteit van die provinsie. Onder Mkhwanazi se leiding is teikengerigte en intelligensie-gedrewe optredes ingestel om ernstige en geweldsmisdaad aan te spreek.

Volgens die Grondwet (artikel 207(3)) word die finale aanstelling, met die premier se goedkeuring, deur die nasionale polisiekommissaris gemaak.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief