Polisie ontslaan voormalige hoof van georganiseerde misdaad

Lees ook :

Foto: Justice, Crime Prevention and Security X

GAUTENG. – Genl.maj. Richard Shibiri, eens die hoof van georganiseerde misdaad, is ná die afhandeling van interne dissiplinêre prosesse deur die polisie ontslaan.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die dissiplinêre verrigtinge is volgens die organisasie se voorskrifte en beginsels van prosedurele billikheid hanteer. Shibiri is skuldig bevind aan wangedrag wat die organisasie in ’n slegte lig gestel het, onder meer omdat hy hom met ’n bekende misdadiger geassosieer het.

Dit blyk volgens berigde dat die persoon waarna die polisie verwys die omstrede sakeman Vusimuzi ‘Cat’ Matlala is. Tydens die Madlanga-kommissie se sitting het getuienis na vore gekom dat Shibiri en Matlala mekaar reeds sedert ongeveer 2016 geken het. Shibiri het erken dat hy Matlala as ‘n vriend beskou het en dat hy geld van hom ontvang het wat hy as ‘n lening beskryf het vir sy seun se motorherstelwerk. Die kommissie het egter ernstige vrae gevra oor waarom ‘n senior georganiseerde-misdaadbeampte geld van iemand sou aanvaar wat reeds lank met ernstige misdaadbewerings verbind is.

Matlala self staan tans tereg op verskeie ernstige aanklagte, waaronder beweerde poging tot moord en geldwassery. Hy word ook deur ondersoekers verbind met bewerings van korrupsie en sogenaamde “polisie-kaping”, hoewel hy die aantygings ontken.

Bronne: SAPD, The Citizen, Wikipedia, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief