Brekende Nuus
Misdaad

Polisie soek hulp vir aanval op tweelingbroers

(Foto: Canva)
(Foto: Canva)

DURBAN. – Die polisie vra die publiek se hulp om Mpiyakhe Thobani Mbatha (25) op te spoor. Hy word gesoek in verband met inligting oor die vermeende moord op Mphilisi Ngubane (voorsitter van die Fredville-taxivereniging) en poging tot moord op Ngubane se tweelingbroer.

Die tweeling is op 13 September vanjaar op die Shezi-hoofweg in Mpumalanga deur drie mans in ‘n bruin VW Polo ingewag. Daar is op hulle geskiet en Mphilisi (35) is noodlottig gewond, terwyl sy broer kon ontsnap.

Die ondersoek dui daarop dat Mbatha by die aanval betrokke is, maar sy huidige ligging is onbekend. Hy is oorspronklik van Greytown, moontlik met ’n woning in Inchanga.

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is deur die Mpumalanga-landdroshof uitgereik. Enigiemand met inligting kan 10111 bel.