OOS-KAAP. – Michelle Ann Geisler (54) van Colchester is sedert Dinsdag vermis. Sy die laaste keer opgemerk toe sy omstreeks 19:00 op die N2 in die rigting van Gqeberha geryloop het. ’n Soektog deur die Kinkelbos-polisie is aan die gang
AO Majola Nkohli, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring voorlopige ondersoek dui daarop dat Geisler ’n geleentheid in ’n wit Nissan NP200-bakkie gekry het en later naby Stanfordweg in Korsten, Gqeberha, afgelaai is. Geisler het ná ’n beroerte gedeeltelike verlamming aan haar linkerkant en het twee tatoeëermerke op haar rug: ’n skoenlapper en ’n feëtjie. Ten tyde van haar verdwyning het sy ’n beige bostuk, donkerblou broek en bruin stewels aangehad. ’n Vermistepersoonondersoek is reeds Dinsdagaand geopen, maar het tot dusver nie positiewe resultate opgelewer nie. Geisler is vermoedelik oorspronklik van die Wes-Kaap.
Enigiemand met inligting oor waar sy haar moontlik bevind, word gevra om speur.AO Thabiso Nontshinga by 082 302 6579 te bel.





