Polisie vind 7 gewere by vermeende roofbende se skuilplek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Sewe gewere, ‘n pistool, reflektiewe baadjies en ‘n gekaapte BMW X5 is Woensdagaand in Daveyton aan die Oos-Rand gevind. Die Gautengse polisie en die Ekurhuleni-metropolisie het op ‘n vermeende skuilplek van ‘n geld-in-transito roofbende toegeslaan het. Die verdagtes het egter gevlug en ‘n grootskaalse soektog is geloods.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die operasie is op grond van inligting uitgevoer. Die bende is opgespoor wat vermoedelik met verskeie ernstige en gewelddadige misdade regoor Gauteng verbind kan word. Tydens die deursoeking van die huis is die gewere, die pistool, die reflektiewe baadjies en ‘n BMW X5 wat as gekaap aangemeld is, gevind.

Die ondersoek duur voort en die polisie verwag om inhegtenisnemings te maak namate die soektog na die verdagtes, wat aan hulle bekend is, verskerp.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief