Polisiehoës en premier besoek Reigerpark waar 4 doodgeskiet is

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die premier van Gauteng, asook lede van die polisiebestuur, het die toneel besoek waar twee lede van die teen-bende-eenheid en twee burgerlike vroue Vrydagaand in Reigerpark, Ekurhuleni, doodgeskiet is. Die polisie en ander hooggeplaastes het ook die families van die vermoorde polisiebeamptes besoek om hulle meegevoel te betuig.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het bevestig die twee gestorwe polisiebeamptes was omstreeks 19:30 deel van ’n misdaadvoorkomingspan wat in die gebied gepatrolleer het. Hulle het na bewering op inligting van geweerskote gereageer en is in ’n lokval gelei. Die oorledenes is later as die 28-jarige konst. Sphiwe Sibeko en 29-jarige konst. Thapelo Tlomatsane geïdentifiseer.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê Firoz Cachalia, die waarnemende polisieminister en Panyaza Lesufi, die premier van die provinsie, asook lt.genl. Puleng Dimpane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris,en lt.genl. Mthombeni, het Sondag die toneel in Reigerpark besoek. Die polisiebestuur het ook die families van Sibeko en Tlomatsane besoek. Die afvaardiging het die families verseker dat alles moontlik gedoen sal word om die persone verantwoordelik vir die moorde op te spoor en aan die gereg uit te lewer.

Dimpane het intussen ’n beroep op die Reigerpark-gemeenskap gedoen om met die ondersoek saam te werk en enige inligting oor die aanval met die polisie te deel. Verskeie polisie-eenhede is gemobiliseer om die verdagtes op te spoor, waaronder misdaadintelligensie, die opsporingspan, misdaadtoneelbestuur en die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief