Polisiekonstabels kry 14 jaar tronkstraf vir moord op aangehoudene

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Konst. Rudzani Ernest Marumo (43) en konst. Thabang Gerald Makgotla (32) is elk gevonnis tot 14 jaar direkte tronkstraf vir moord en ‘n verdere drie jaar vir aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak. Die beamptes het Thando Gazu (40) in ‘n sel in die Honeydew-polisiekantoor aangerand en gemartel.

Sedert Maart is 26 polisiebeamptes vir moord skuldig bevind, terwyl meer as 179 moordsake nog op die hofrol is.

Gazu het gedurende Oktober 2019 in aanhouding gesterf, terwyl sy vriend Msizi Memela ook deur die twee aangerand is. Opod het die beamptes in 2019 in hegtenis geneem, waarna die saak na die Suid-Gauteng Hooggeregshof verwys is. Die hof het albei beamptes op 18 Mei ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief