Brekende Nuus
Nuus

R50 000 beloning vir inligting oor vermiste meisie

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die polisie bied ’n beloning van R50 000 aan vir inligting wat kan help om Lathitha Mtolo (7), wat sedert Februarie vermis is, op te spoor.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê Lathitha is op 26 Februarie laas deur haar vriende in die Marikana-gebied in Kokstad gesien. Dit is onbekend waar sy tans is. Die polisie het ’n 33-jarige man in hegtenis geneem en aangekla, nadat gemeenskapslede hom na bewering aangerand het. Volgens die polisie het die man onder dwang beweer dat hy Lathitha ontvoer het en haar aan ’n man oorhandig het wat haar na ’n onbekende plek geneem het. Die ontvoeringsdossier is egter weens onvoldoende bewyse nie deur die hof op die rol geplaas nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor waar Lathitha haar bevind, of die omstandighede van haar verdwyning, om speurkonstabel Jaca by 071 769 7670 te bel.