Brekende Nuus
Nuus

R6,19 m. aan 2 ministers terwyl polisie met personeeltekorte sukkel

Foto: Ter illustrasie

Senzo Mchunu het volgens ’n parlementêre vraag-en-antwoord-sessie meer as R3,16 miljoen aan vergoeding gekry terwyl hy op spesiale verlof was. Firoz Cachalia het volgens dieselfde berekening ’n verdere R3,02 miljoen ontvang terwyl hy as waarnemende minister van polisie optree.

Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, sê in ‘n sosialemediaplasing die twee bedrae beloop saam ongeveer R6,19 miljoen, ’n bedrag wat volgens hom, indien dit met die polisie se 2025-basissalarisse vir die heraanstelling van ervare speurders vergelyk word,  gelykstaande is aan die jaarlikse basissalarisse van ongeveer 26 konstabelvlak-speurders, 20 sersantvlak-speurders of 16 adjudant-offisiervlak-speurders. Mchunu se vergoeding tydens sy afwesigheid alleen is volgens Cameron ongeveer gelykstaande aan die jaarlikse basissalarisse van 13 konstabelvlak-speurders. Hy beklemtoon dat dit slegs salarisvergelykings is en nie die volle koste van indiensneming verteenwoordig nie.

Cameron het verder gewys op personeel- en voertuigtekorte by die Khayelitsha GKS-eenheid, wat onder meer seksuele misdrywe, misdade teen kinders en geslagsgebaseerde geweld ondersoek. Volgens die inligting wat hy aangehaal het, was daar slegs 21 beamptes teenoor ’n geïdentifiseerde ideale sterkte van 43, terwyl 15 van die eenheid se 38 polisievoertuie in motorhawe was. “R6,19 miljoen sal nie die SAPD regmaak nie, maar dit wys beslis waarvoor die regering kies om geld te vind,” het Cameron gesê.

Druk hier om meer te lees.