Brekende Nuus
Nuus

Ramaphosa bepaal salarisverhogings vir openbare ampsbekleërs

Foto: Ter illustrasie

President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings van 3,5% en 4% vir verskillende groepe openbare ampsbekleërs vir die 2026/27-boekjaar bepaal. Die presidensie het die verhogings Dinsdag in Pretoria bekend gemaak. Dit geld terugwerkend vanaf 1 April 2026.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, sê die verhoging van 3,5% geld vir lede van die nasionale uitvoerende gesag, lede van die Nasionale Vergadering, permanente afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, premiers en lede van provinsiale uitvoerende rade en wetgewers. Regters, onder wie dié van die Konstitusionele Hof, en landdroste kry 4%. Dié verhoging geld ook vir tradisionele leiers, lede van die nasionale en provinsiale huise van tradisionele en Khoi-San-leiers, en lede van onafhanklike grondwetlike instellings.

Ramaphosa het die aanbevelings van die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsbekleërs en die land se ekonomiese uitdagings in ag geneem. Die kommissie het onder meer bekostigbaarheid, inflasie, loonverhogings en die verantwoordelikhede van die onderskeie ampsbekleërs oorweeg.

Druk hier om meer te lees.