Brekende Nuus
Nuus

Ramaphosa stel nuwe burgerlugvaartwet ná jare in werking

Foto: Ter illustrasie

President Cyril Ramaphosa het die Civil Aviation Amendment Act 22 of 2021 in werking gestel, wat vanaf 12 Oktober geld. Die wysigings bring onder meer veranderinge aan die ondersoek van lugvaartongelukke, sowel as lugvaartvoorvalle, die toesig oor omgewingsbeskerming en die regulering van die burgerlugvaartbedryf.

Die wet is reeds in 2022 gepubliseer, maar die inwerkingtredingsdatum moes nog deur die president bepaal word. Die wet is op 16 September deur presidensiële proklamasie onderteken, voordat dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Volgens die Suid-Afrikaanse regering se amptelike wetgewingoorsig maak die wysigings voorsiening vir groter onafhanklikheid in die ondersoek van ongelukke en voorvalle van lugvaart, asook ’n uitgebreide omgewingsbeskermingsrol vir die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (Sacaa). Die wet verander ook bepalings oor die aanstelling en verantwoordelikhede van die kommissaris vir burgerlugvaart, appèlprosesse en die minister se bevoegdheid om vrystellings en bykomende regulasies in te stel.

Druk hier en hier om meer te lees.

Bronne: SA Regering, Burgerlugvaartowerheid (SACAA) – Legal Notices, Staatskoerant PDF, BusinessTech