President Cyril Ramaphosa het gisteraand ‘n kabinetskommeling in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) aangekondig wat verskeie ministers raak, ná samesprekings met Geordin Hill-Lewis van die DA. Die veranderinge raak die portefeuljes van landbou, bosbou, visserye en die omgewing, handel, nywerheid en mededinging, elektrisiteit en energie, hoër onderwys, asook water en sanitasie.
Willem Aucamp is nou amptelik as minister van landbou aangestel, terwyl David Maynier voortaan die minister van bosbou, visserye en die omgewing sal wees. Dina Pule vul die vakante pos van minister van maatskaplike ontwikkeling.
Die president het ook vier nuwe adjunkministers aangestel. John Steenhuisen is die nuwe adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging. Alexandra Abrahams neem die pos van adjunkminister van elektrisiteit en energie in. Jack Bloom is as adjunkminister van water en sanitasie aangewys. terwyl Yusuf Cassim die nuwe adjunkminister van hoër onderwys is.
Ramaphosa het die nuwe ministers en adjunkministers gelukgewens en hulle sterkte toegewens met hul nuwe verantwoordelikhede.
Druk hier om meer te lees.





