President Cyril Ramaphosa het die sperdatum vir die Madlanga-kommissie, wat beweerde misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, verleng.
Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, sê die kommissie moet nou teen 29 Mei ’n tweede tussentydse verslag indien, terwyl die finale verslag teen 31 Augustus 2026 verwag word. Die verlenging is toegestaan nadat die kommissie aangedui het dat daar nog verskeie persone is wat moet getuig. Die kommissie, onder voorsitterskap van regter Mbuyiseli Madlanga is in Julie 2025 ingestel nadat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi ernstige bewerings oor korrupsie en inmenging in die strafregstelsel gemaak het.
Die kommissie het reeds in Desember 2025 sy eerste tussentydse verslag aan die president oorhandig en sy sittings vroeër vanjaar hervat.
Druk hier om meer te lees.





