Lehlohonolo Molefe, die registrateur van arbeidsverhoudinge, het op 29 Junie amptelik kennis gegee dat hy van plan is om die Public Servants Association (PSA) se registrasie as vakbond te kanselleer.
Volgens die kennisgewing, gepubliseer in die Staatskoerant, voldoen die PSA nie meer aan die wetlike vereistes van ‘n ware vakbond nie, kan dit nie ingevolge sy eie grondwet funksioneer nie en het dit nagelaat om aan verskeie bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge te voldoen.
Die PSA en ander belanghebbendes kry 60 dae vanaf die datum van die kennisgewing om skriftelike vertoë in te dien indien hulle die kansellasie wil teenstaan. Korrespondensie moet na saaknommer 2026/98 verwys.
Skriftelike vertoë moet binne 60 dae vanaf die datum van die kennisgewing ingedien word by die Registrateur, per adres by die Departement van Indiensneming en Arbeid, Laboria House, Francis Baardstraat 215, Pretoria, of per e-pos aan [email protected] of [email protected].







