REGSKENNISGEWING: LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDEL TER INSAE
Ingevolge artikel 35(5) van die Wet op die Administrasie van Boedels, Wet Nr. 66 van 1965, word hiermee kennis gegee dat afskrifte van die Tweede en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in die onderstaande boedel ter insae lê vir alle belanghebbende persone vir ‘n tydperk van 21 dae vanaf die datum van publikasie hiervan, by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof en die Landdros soos hieronder aangedui. Indien daar geen besware teen die rekening gedurende die voorgeskrewe tydperk by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur voortgaan om betalings te maak ooreenkomstig die rekening.
Boedel van wyle:
Andries Petrus Britz
Identiteitsnommer: 390817 5078 08 9
’n Volwasse man, getroud binne gemeenskap van goedere, wat gewoon het te 20 Cowburnstraat, Kuruman.
Nagelate eggenoot:
Maria Christina Britz
Identiteitsnommer: 450220 0080 08 4
Tipe rekening:
Tweede en finale likwidasie- en distribusierekening
Meester se kantoor:
Kimberley (Verwysingsnommer: 2106/2023)
Landdroskantoor:
Kuruman, Ben Malanstraat, Kuruman, 8460
Datum van publikasie:
30 Mei 2025
Eksekuteur:
F. Engelbrecht
Engelsman Magabane Ingelyf
Bishops Court, Bishopslaan 9
Labram, Kimberley
8301











