GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het twee nuwe gedenksirkulasiemunte bekendgestel ter ere van Charlotte Maxeke se historiese graduering en die 1956-vroueoptog.
Op die eerste R2-munt is ’n profiel-silhoeët van Maxeke, geïnspireer deur haar voorkoms in die vroeë 1900’s. Dit is 125 jaar sedert Maxeke die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het wat ’n universiteitsgraad verwerf het. Die tweede munt herdenk 70 jaar sedert die historiese Vroueoptog van 1956, toe meer as 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria gemarsjeer het om teen die apartheidsregering se paswette te protesteer. Hierdie munte vorm deel van die Milestones of Freedom-program, wat president Cyril Ramaphosa in Junie 2026 van stapel gestuur het.
Volgens die Reserwebank vier die twee munte die moed, leierskap en vasberadenheid van vroue wat ’n rol in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel het. Dit is ook die eerste Suid-Afrikaanse sirkulasiemunte waarop vroue verskyn.
Druk hier om meer te lees.